Die Hollywood-akteur Brad Pitt het onlangs ’n modestelling gemaak toe hy ’n T-hemp dra met ’n tekening van hom en sy verloofde, Angelina Jolie, op. Die kunstenaar agter die tekening was hul skattige sesjarige dogter Vivienne. Oulik! Hier is ’n paar verpersoonlikte geskenke wat jou maat oor dol sal wees:

1.     Hoe ons liefdesverhaal begin het. . .

[caption id="attachment_3809" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van gifts.com Foto gespeld van gifts.com[/caption]

Laat jou kind jou liefdesverhaal vertel met hul tekenings en omskep dit in ’n wonderlike boek.

2.    Popkuns-kinders

[caption id="attachment_3808" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van redtedart.com Foto gespeld van redtedart.com[/caption]

Omskep jou kleintjie se gunstelingfoto in ’n popkuns-foto en laat hulle jou met die versiering daarvan help. Jy kan dit in ’n sak of selfs ’n notaboek verander. Besoek Red Ted Art vir aanwysings.

3.    Maak ’n verpersoonlikte sleutelhouer

[caption id="attachment_3804" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van etsy.com Foto gespeld van etsy.com[/caption]

Laat die kleintjies jou help met dié verpersoonlikte sleutelhouer wat ’n dag gedenk wat jy en jou geliefde gedeel het.

4.    Raak vlytig met borde

[caption id="attachment_3807" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van mermag.blogspot.com Foto gespeld van mermag.blogspot.com[/caption]

Hier is ’n aandenking wat kinders gaan geniet om te maak en wat jy en jou geliefde lank kan koester. Klik hier om uit te vind hoe om dit te maak.

5.    Oulik en bypassend

[caption id="attachment_3810" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van etsy.com Foto gespeld van etsy.com[/caption]

Verras jou geliefde met bypassende T-hemde. Jy kan selfs dat jou kind die skryfwerk doen en dit op ’n T-hemp laat druk vir die wêreld om te sien.

6.    Raak sentimenteel met briewe

[caption id="attachment_3805" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van shine.yahoo.com Foto gespeld van shine.yahoo.com[/caption]

Maak die kinders bymekaar en vra hulle om ’n paar herinneringe neer te skryf wat jou geliefde se hart sal steel.

7.    Speel die geheue-speletjie  

[caption id="attachment_3806" align="alignnone" width="238"]Foto gespeld van joannagoddard.blogspot.com Foto gespeld van joannagoddard.blogspot.com[/caption]

Dis eintlik maklik om te maak: Jy kies net 12 van jou gunsteling-foto’s (twee foto’s moet afskrifte van mekaar wees) en druk dit op dik kaarte met grafiese agtergronde.

- Janine Nel