Iftikhar Hussain (64) het met sy Nissan Sentra van die afrit van die deels gesloopte Cline Avenue-brug in Oos-Chicago, Indiana, afgery wat sedert 2009 gesluit is. Die motor het meer as 11 m na benede gestort en ontplof.

Die egpaar van Chicago was op pad om in Indiana by familie te gaan kuier en het waarskynlik nie die gebied geken nie.

Iftikhar se vrou, Zohra Hussain (51), het aan brandwonde beswyk en hy is met nielewensbedreigende beserings na ’n nabygeleë hospitaal gebring nadat hy uit die motor gekruip het voor dit aan die brand geslaan het.

Volgens die polisie het Iftikhar aan ondersoekers gesê hy het die aanwysings van sy motors se navigasiestelsel gevolg. Dit het hom glo aangesê om op ’n afrit af te draai na die gesloopte brug oor die Indiana-hawe en -skeepskanaal.

Maar die polisie sê daar is verskeie tekens, keëls en betonversperrings oor die pad om aan te dui dis gesluit.

Die egpaar van Chicago was op pad om in Indiana by familie te gaan kuier en het waarskynlik nie die gebied geken nie.

Die Cline Avenue-brug is in 2009 gesluit omdat dit onveilig geraak het vir padverkeer weens verwaarlosing.

Bronne: Chicago Sun Times, News.com.au, New York Daily News