Sy is in 2008 by die Guarulhos Internasionale Lughawe in São Paolo, Brasilië, met 10,2 kg kokaïen betrap, en het haar vonnis in Brasillië uitgedien.

Sy het vanoggend by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangeland, maar is weg voor die media en van haar familielede kans gehad het om haar terug te verwelkom, berig die SABC.

Sy het twee tienerkinders. Haar ma is verlede Oktober ná ’n kort siekte oorlede.

Tessa is deur Sheryl Cwele, die eksvrou van die minister van staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, gewerf om die dwelms te smokkel.

Sheryl en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa, is in 2011 aan dwelmsmokkelary skuldig bevind en dien elk 20 jaar tronkstraf uit.

- Sapa