OP 33 het haar lewe in duie gestort toe haar geliefde steunpilaar aan ’n hartaanval sterf.

Byna twee dekades lank het sy alleen twee meisiekinders grootgemaak, en toe, op 51 jaar, besluit sy nou’s dit haar beurt. Sy is weer reg vir die liefde.

“’n Vriendin het vertel van ’n afspraakwebtuiste, en ek was nuuskierig, maar tog ook skrikkerig. Dis nou nie asof ek die soort mens is wat op die internet gaan liefde soek nie, maar soms laat eensaamheid jou snaakse goed aanvang.’’

Nou berou Erna van Zyl* die dag dat haar paaie met dié Ivan Nobile, haar eertydse ridder van die internet, gekruis het.

Want tjoef-tjaf, binne twee maande, het dié kamtige Amerikaanse intelligensie-offisier haar uit sowat R111 000 verkul. Nou sit die sakevrou van Durbanville buite Kaapstad steeds alleen, boonop sonder ’n sent van die neseier waaraan sy so lank gespaar het.

“Toe ek hom in Mei ontmoet, het ek gedink: Sjoe, hoe gelukkig is ek dat hierdie aantreklike man in my belangstel?’’ vertel sy hartseer in die boekwinkel met sy eetplekkie wat sy besit.

Sy kyk verslae na die liefdes-eposse voor haar – alles ’n spul leuens waarvoor sy ’n duur prys moes betaal.

“Ek is ’n goedgelowige mens. Ek het gedink dis amper te goed om waar te wees. Nou weet ek dit was.’’

Haar nagmerrie het vroeg in Mei begin toe sy op die webtuiste www.singles50.com registreer. “My vriendin het ’n wonderlike man daar ontmoet. Ek het gedink ek het niks om te verloor nie . . .’’

Op 14 Mei het die eerste e-pos gekom.

“Ek is Ivan Nobile, 51, ’n Intelligensie-offisier in die Amerikaanse weermag se Irak-Bagdad-kamp Taji,’’ het die man geskryf.

Sy was beïndruk.

* Skuilnaam

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 15 Julie 2010.

Bespreek vir Skouspel!