1. 29 Desember 2013: Michael stamp sy kop toe hy val in ’n rotsbesaaide deel van die Meribel-oord in die Franse Alpe. Hy het ’n valhelm gedra, maar dit het in ’n twee gebreek en hy is per helikopter hospitaal toe gebring. Prof. Stephan Chabardes opereer Michael in Grenoble en plaas hom in ’n mediese koma. Sy liggaamstemperatuur word na tussen 34-35 grade verlaag weens sy “ernstige breinbesering”.
  2. 30 Desember: Michael verkeer in ’n “lewensgevaarlike” toestand en die neurochirurg Emannauel Gay voer ’n tweede operasie uit om bloeding op die brein te behandel. Die Duitse bondskanselier Angela Merkel se woordvoerder sê sy is “uiters geskok” en die Franse owerheid begin ’n ondersoek.
  3. 31 Desember: Michael se bestuurder, Sabine Kehm, sê aan die media dat die renjaer met vriende en sy seun, Mick, geski het en hou vol hy het nie teen ’n hoë spoed ten tyde van die ongeluk geski nie.
  4. 1 Januarie 2014: Sabine sê aan verslaggewers dat Michael se toestand “stabiel” is. Die renkampioen word die volgende dag 45 en aanhangers kom buite die hospitaal vir ’n waak bymekaar.
  5. 4 Januarie: ’n Duitse vlugkelner sê aan die tydskrif Der Spiegel dat hy die ongeluk per toeval verfilm het en dat Michael “op die meeste teen sowat 20 km/uur geski het”. Die Franse koerant Le Dauphiné Libéré het ’n dag vroeër berig die polisie is in besit van ’n kamera wat op Michael se valhelm vas was.
  6. 6 Januarie: Dokters sê Michael se toestand is kritiek, maar stabiel, en ’n bron na aan die familie sê daar is ’n “geringe verbetering”.
  7. 7 Januarie: Michael se vrou, Corinna, praat vir die eerste keer met die publiek en vra die media moet “die familie met rus laat”.
  8. 8 Januarie: Ondersoekers skakel foutiewe ski’s, onvoldoende tekens of oormatige spoed as moontlike oorsake van Michael se ongeluk uit.

- Sapa