[caption id="attachment_146032" align="alignnone" width="602"]Foto: Jacobus Ludick Foto: Jacobus Ludick[/caption]

“Ek wil hom nie regtig sien nie, maar ek is hier vir Poppie en ek sal more wéér hier wees vir Poppie,” het Christo Donderdag aan Huisgenoot gesê.

Die stiefpa, Kobus Koekemoer (43), het Donderdag net vlugtig weer in die Brits-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Kobus het drie weke ná die beweerde moord steeds nie ’n prokureur aan sy sy gehad om sy borgtogaansoek te hanteer nie. Die prokureur was glo besig in die hooggeregshof en kan hom eers Vrydag verteenwoordig, het Jacobus Ludick, een van die aktiviste wat vir geregtigheid vir Poppie veg, aan Huisgenoot bevestig.

Kobus het twee weke gelede reeds uitstel gevra sodat hy ’n prokureur kan aanstel.

[caption id="attachment_146033" align="alignnone" width="600"]Foto: Jacobus Ludick Foto: Jacobus Ludick[/caption]

“Almal sal weer more hier wees!” het hy in ’n WhatsApp-boodskap in die hof geskryf om te sê die betogers gaan volhou met hul protesaksie.

Kobus het Poppie Dinsdag 25 Oktober op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits na bewering so erg aangerand dat sy daardie aand by haar aankoms by die plaaslike hospitaal aan haar beserings beswyk het.

Die kleuter het op die hoewe saam met Kobus, haar ma, Louisa Koekemoer, en boetie (5) gewoon. Die boetie is intussen in veilige bewaring geplaas.

poppiemain
Nadat Huisgenoot die afgelope week eksklusief met Louisa gepraat het, wat haarself gedistansieer het van enige leed wat Poppie aangedoen is, het Christo gesê: “Ek het Poppie nooit geslaan nie. Dit is onwaar. Nie eens ’n pak slae nie.

Ek het eenkeer haar boetie op aandrang van sy ma pakgegee. Hy het ’n bietjie gehuil, maar daarna weer by my op die bank kom sit.”