’n Baba wat verlede week uit die Worcester-hospitaal gesteel is, is gevind, het die Wes-Kaapse polisie vandag gesê.

Twee mense (onderskeidelik 17 en 42 jaar oud) is Sondag in Ashton, sowat ’n uur se ry van Worcester af, in verband met die ontvoering in hegtenis geneem, het die woordvoerder konst. Noloyiso Rwexana aan News24 gesê.

Volgens Netwerk24 het die baba se familie hulle na die hospitaal gehaas waar hy vir waarneming opgeneem is nadat hulle gehoor het hy is gevind.

Die verdagtes sal na verwagting môre in die landdroshof op Worcester verskyn op aanklag van ontvoering.

Die baba het Donderdag om ongeveer 19:50 tydens besoektyd vermis geraak. Die voorval het plaasgevind presies ’n jaar nadat die 19-jarige Zephany Nurse gevind is.

Zephany is in 1997 uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer en op 25 Ferbruarie opgespoor. ’n Vrou van 51 is in hegtenis geneem en word vir die beweerde ontvoering verhoor.

Die saak het aan die lig gekom toe Zephany se biologiese suster, wat vier jaar jonger is, aan haar ouers gesê het ’n matriekmeisie by haar skool trek baie op haar en haar ouers.

Toe die ouers uitvind die meisie verjaar op dieselfde dag as hul vermiste kind, het hulle dit by die polisie aangemeld.

DNS-toetse het bevestig die tiener is hul dogter.

Die Zephany-hofsaak word vandag voortgesit.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Leonardo DiCaprio se Oscar-droom word uiteindelik waar

Jy sal nie glo wat elke Oscar-benoemde vanaand gaan kry nie!

Kankerlyer vertel roerend: ‘As dit nie vir die baba was nie, sou ek nooit van die gewasse uitgevind het nie’

Sewe kere toe Taylor Swift gewys het wat in haar steek