“Dis net deur die Here se genade dat ons daardie meisie lewend gevind het,” het Spartanburg County se sheriff, Chuck Wright, gesê. Hulle het ’n wenk ontvang oor ’n seksmisdaad op die eiendom waar Kala aangehou is.

Sy het hulle aandag getrek deur hard teen die metaalwand van die vraghouer te hamer.

Die polisie het haar binne-in die vraghouer gevind: vasgeketting soos ’n hond met ’n ketting om haar nek. Intussen het Charlie se familie ’n Facebook-blad gestig Help find my brother Charlie Carter. In die beskrywing van die blad staan hulle het sedert 29 Augustus niks van hom gehoor nie. Charlie en Kala is reeds etlike maande ’n paartjie. Hy is glo in die proses om van sy vrou te skei. Sy ma, Joanne Shiflet, het aangedui dat sy en haar seun minstens elke dag kontak met mekaar gehad het. Maar sedert 29 Augustus was daar ’n doodse stilte van sy kant af. Sy familie glo vas die plasings op sy Facebook-blad ná sy verdwyning waarin gemeld word als is wel met die paartjie, was nié Charlie se werk nie.

Kala se ma het op haar beurt agterdogtig begin raak toe sy niks op Facebook-blad plaas of deel nie.
Wapens en ammunisie is ook op die perseel gevind. Daar is ’n moontlike verbintenis tussen Kala en Todd Kohlhepp (45), ’n geregistreerde seksoortreder. Hy was vanaf Oktober 1987 tot November 2001 in die gevangenis nadat hy 'n 14-jarige meisie ontvoer en seksueel aangerand het. Todd is die eienaar van die perseel waar Kala gevind is. Hy is intussen in hegtenis geneem en word van ontvoering aangekla.
Chuck beskou nie Kala se ontvoering as ’n impulsiewe daad nie, juis omdat Todd en Kala mekaar vooraf geken het. Vier lyke kan moontlik op die perseel begrawe wees waar Kala gevind is. ’n Reuse-ondersoek is sedertdien begin.
Charlie is nog skoonveld. Sy voertuig is wel op dieselfde eiendom as Kala gevind.

Een van Kala se beste vriendinne, Cassandra Ellen, het op 28 Oktober hierdie plasing op haar Facebook-blad gedeel. Sy het aan NBC News gesê dat dit wonderlik is om te weet Kala het oorleef en dat sy haar kan omhels en vertel hoe lief sy vir haar is.

So het NBC News daaroor berig:

Todd het hierdie ontstellende plasings op sy Facebook-blad gemaak.
Die klagstaat teen Todd.

Bronne: nydailynews.com, thesunc.co.uk, news.sky.com, usatoday.com, nbcnews.com, wfxg.com