’n Ma van Meyerton in Gauteng wat met haar drie kinders verdwyn het, wil steeds nie hê enigiemand moet weet waar hulle is nie.

“Die ma en kinders is gevind, maar hulle is in ’n veilige plek. Sy wil nie hê iemand moet weet waar hulle is nie,” sê konst. Maria Mazibuko, woordvoerder van die Meyerton-polisiekantoor.

“Vir hul eie veiligheid kan ons nie sê waar hulle gevind is of waar hulle hulle nou bevind nie.”

Violet Susan Vosloo (45) en haar kinders, Lee-Ann (19), Marius (23) en ’n 16-jarige dogter wie se naam nie bekendgemaak mag word nie omdat sy minderjarig is, is die afgelope Vrydag gevind nadat hulle op 17 April spoorloos uit hul huis in Highbury in Meyerton verdwyn het.

Lees ook: ‘Al wat ek wil weet is: waar is my kind,’ smeek ma van vermiste Monica Barnard

Susan se man, ook Marius, het dié dag toe by die huis kom, gesien sy gesin is weg. Die huis se deure was oop en geen klere was weg nie.

Marius het sy gesin agt dae later as vermis by die polisie aangemeld.

’n Nabye vriend van die gesin, wat nie sy naam genoem wil hê nie, het gesê hulle is goeie vriende met Marius en Susan en was onbewus van enige moontlike probleme.

“Hulle is ’n baie private gesin,” het hy gesê.

In die maand voor Susan en die kinders se verdwyning het Marius en een van sy susters op Facebook ’n Chevrolet Lumina vir R120 000 probeer verkoop. Hul nommers wat hulle by die advertensie geplaas het, is sedertdien afgeskakel. Susan se nommer bly ook afgeskakel.

“In dié stadium is daar nie enige ekstra klagtes gelê nie. Die polisie het ’n vermistepersoonsaak ondersoek. Daardie dossier is nou afgesluit,” het Maria gesê.

VermisteGesin

Ander stories op Huisgenoot.com:

Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

‘Ek het niks oorgehad nie’: SA-man vertel roerend van sy 35 jaar lange stryd met dwelms