Saterdag 8 Maart

  • Vlug MH370 uit Kuala Lumpur, onderweg na Beijing, vertrek en ’n uur ná vertrektyd word die kommunikasiestelsels doelbewus afgeskakel. Dit is egter in die middel van die nag, dus is daar nie iemand wat onmiddellik besef dat dit doelbewus is nie.
  • Kort voor die vliegtuig Maleisiese lugbeweegruimte verlaat, sê iemand vir die lugbeheer: “All right, good night.” Kenners sê dit is ’n normale “groet” wanneer daar van een land se lugbeweegruimte na ’n ander gevlieg word.
  • ’n Militêre basis in Maleisië beweer hulle het die vliegtuig net bokant die eiland Pulau Perak op hul radar opgetel, kilometers van die vlug se beplande koers in die Malacca-seestraat.

Sondag 9 Maart

  •  ’n Satelliet-“handdruk”: Die Maleisiese eerste minister beweer ’n satelliet het ongeveer 7 ure ná die vertrektyd met die vlug probeer kontak maak. Die minister het nie besonderhede verskaf nie, dus is dit nie duidelik of die vliegtuig op die kommunikasie geantwoord het nie.
  •  ’n Grootskaalse soektog word geloods.

Maandag 10 Maart

  • Familielede van die passasiers aan boord die vlug beweer hul geliefdes se selfoon het steeds luitone as hulle daarna bel. ’n Paar van die passasiers se familielede beweer ook die passasiers se selfoon vertoon as “aanlyn” op die Chinese boodskapdiens QQ (’n boodskapdiens soortgelyk aan WhatsApp).

Saterdag 15 Maart

  • Die soektog duur voort. Ondersoekers glo die vliegtuig is óf in die Indiese Oseaan óf in ’n noordelike rigting, êrens in die Midde-Ooste. Ongeveer 26 lande neem nou deel aan die soektog, sowel as Interpol, wat volgens die Maleisiese eerste minister van dag een af reeds betrokke was.

Sondag 16 Maart

  • Die ondersoek is intussen uitgebrei na die vlieëniers.
  • Een van hulle, kapt. Zaharie Ahmad Shah, is glo ’n stoere ondersteuner van die Maleisiese opposisieparty. Dié party se leier is tronk toe gestuur ure voor die vlug opgestyg het.
  • Dit blyk of die kaptein se gesin die dag voor die vertrek uit hul huis getrek het, en sommige media beweer ’n vlugnabootser is ook in die huis gevind.

Maandag 17 Maart

  • Nuwe inligting sê die twee vlieëniers het nie gevra om saam te vlieg nie.
  • Beelde van sekuriteitskameras in die lughawe wys dat albei deur die metaalverklikkers is voor hulle op die vlug geklim het.

Bronne: