Steven Wessels, 24, ’n student in meganiese ingenieurswese aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (Vrystaat), se lyk is Dinsdagoggend hier in Welkom by die Toronto-pan, naby die Unicorn-perdestalle, gevind berig Volksblad.com.

Volgens Volksblad het Steven hom vermoedelik met sy pa se pistool in die hart geskiet. Hy het 'n rugsak, wat vol klippe gepak was, op sy rug gehad.

Steven het die Paasnaweek in Welkom by familie gekuier.

Sy verdwyning is eers Donderdag ontdek toe sy motor langs die tennisbane van St. Andrew-skool in Limpopostraat in St. Helena gevind is.

LEES MEER HIER

Bron: Volksblad.com