Mandy Olivier, die ma van vyf van Krugersdorp wat Maandagoggend spoorloos verdwyn het, is ongedeërd gevind.

Mandy is Maandagoggend om 06:30 laas by haar werk, ’n handelaar van tweedehandse motors in Commissionerstraat, gesien.

Dinsdag het die goeie nuus gebreek: Mandy is veilig gevind. Haar suster, Jackie Burger Wasserman het die goeie nuus aan die Krugersdorp News bevestig.

Volgens ’n kolonel Van Staden van die Kurgersdorpse polisiekantoor was Mandy nie regtig ooit 'vermis' nie; sy het na bewering bloot die aand by ’n kennis se huis deurgebring.

Bron: krugersdorpnews.co.za