Chulumanco Feni het Donderdagmiddag 14:00 sy huis verlaat en met die gesin se hond in die buurt gaan speel. Maar toe hy teen 17:00 nog nie na sy huis teruggekeer het nie, is die polisie se hulp ontbied.

’n Uitgebreide soektog, waarby die Nasionale Seereddingsinstituut-vrywilligers ook betrokke was, is van stapel gestuur. ’n Polisiehelikopter het net ná 13:00 Vrydagmiddag die swak en ontwaterde kleuter op die grond naby ’n stroom gevind.

[caption id="attachment_167879" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf Foto verskaf[/caption]

Hy is van daar per helikopter na die Humansdorpse provinsiale hospitaal geneem.

Brig. John Lebok van Humansdorp het almal wat aan die soektog deelgeneem het, se toewyding as uitsonderlik beskryf.

“Dit kon op ’n tragiese einde afgestuur het, maar dit het positief en met ’n sug van verligting van almal betrokke, geëindig,” het hy gesê.