Nou is die tergende raaisel rondom hul verdwyning ’n aks nader daaraan om finaal opgelos te word.

Ilja Zjirnof (25) het na bewering in Desember 2005 sy pa se motor geleen om sy meisie, Kira Tsjerkasowa (22) by haar werk te gaan oplaai. Toe verdwyn hulle spoorloos. Selfs die polisie het later moed opgegee en die saak gesluit.

’n Geesdriftige duiker het onlangs die Wolgarivier by Tsjeboksari in Sentraal-Rusland verken.

Die duiker, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het in sy duiksessie ’n baie vreemde vonds in die water gemaak: ’n motor oortrek met slyk en tientalle skulpdiertjies.

Hy het die polisie daarvan in kennis gestel en die volgende dag is daar begin met die herwinning van die voertuig.

Saam met Ilja en Kira se oorblyfsels, is daar ook dokumentasie in die motor gevind, feitlik ongeskonde ondanks 12 jaar onder die water. Dit was voldoende vir die polisie om die paartjie uit te ken.

In hierdie stadium word daar vermoed die motor het op die ysige paaie gegly en sodoende op daardie noodlottige dag in die rivier beland.

Temperature in Desember kuier gemiddeld tussen -12 °C en - 6 °C

Meer inligting sal weldra bekend gemaak word.

Bronne: dailymail.co.uk, expressdigest.com, world-climates.com