Adv. Terry Price, vir Christopher, het bekend gemaak dat hulle weer ’n aansoek om borgtog gaan indien. Christopher se vorige drie aansoeke was onsuksesvol.

Kapt. Ntembiso Ndzenzebu het vandag in die hof genoem dat Luthando Siyoni destyds vasbeslote was om sy verklaring af te lê. Hy sou aangedui het dat hy die waarheid wil vertel.
Panayiotou-moord: Beweerde middelman ‘wou nie lieg nie’

Vroeër vandag

Eerste in die getuiebank vanoggend was ao. Dirk Greeff. Hy het Luthando op 28 April 2015 na Fort Beaufort geneem vir die opname van sy skulderkenning oor sy aandeel in Jayde se moord.
Terry sê Dirk het nie vir Luthando die dienste van ’n dokter aangebied nie omdat hy nie omgegee het nie. Dirk ontken dit en sê hy gee wel om.
Terry hou vol dit moes vir Dirk duidelik gewees het dat Luthando in pyn is en dat hy pas deur die polisie opgedons is.
Volgens Terry wou Luthando met niemand gesels nie. Dirk maak dit as onwaar af en sê Luthando het, buiten met hom, ook met drie of vier ander mense gesels. Panayiotou-saak: ‘Chris het my gevra om iemand te soek om sy vrou dood te maak,’ getuig vermeende middelman Dirk het ook gedink Luthando vertrou hom. Hy het in Grahamstad selfs sy baadjie oor Luthando se hande geplaas om die boeie te bedek terwyl Luthando met ander mense gesels het.
Kapt. Ntembiso Ndzendeni het op 28 April 2015 Luthando se bekentenis in Queenstown afgeneem.
Hy het dit duidelik aan Luthando gestel dat hy met vrymoedigheid kan praat en dat hy beskerm sou word indien nodig.
In die onderhoud het Luthando glo ook ontken dat hy deur enigiemand aangerand, gedwing of beïnvloed is om ’n verklaring af te lê.
Ntembiso sê aan Terry hy sou nie Luthando se verklaring afneem as laasgenoemde hom vertel het die polisie hom aangerand het nie.
Ntembiso lees die verklaring voor vir opname in die hofrekord.