Luidens berigte het vyf mans Dinsdag omstreeks 21:30 'n afleweringsvoertuig op die N4 by Woestalleen op Middelburg, Mpumalanga, genader om dit te kaap. 

Die bestuurder was egter paraat en het op die verdagtes losgebrand.

Een mens is noodlottig gewond en vier ander beseer.

Ineke van Huyssteen, ER24- woordvoerder, sê met hul aankoms op die toneel het die een verdagte reeds aan sy wonde beswyk.

“Die bestuurder en sy passasiers is ongedeerd. Die vier beseerde verdagtes is steeds soek. Die polisie, honde-eenheid en plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.”