SABC News berig die bestuurder van die Pajero is op die toneel in hegtenis geneem vir dronkbestuur.

"Na wat verneem word het die Tazz sonder brandstof langs die pad gaan staan toe die Pajero daarin vasjaag," het Kenny Africa, die Wes-Kaapse verkeershoof, gesê.

Lees ook: Gru-ongeluk eis 14 lewens op Gautengse pad

Die vyf insittendes van die Tazz is almal dood. "Daar was een man, twee vroue, ’n klein dogtertjie van drie jaar oud en ’n klein seuntjie van een jaar in die motor," sê Kenny.

Dit bring die dodetal op die Wes-Kaap se paaie hierdie langnaweek reeds op ses te staan nadat ’n motorfietsryer Saterdagoggend oorlede is ná hy in Kaapstad teen ’n motor gebots het.

Bron: SABC News

Ook op Huisgenoot.com:

Ontmoet SA se eerste Mej. Plusgrootte!

‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

‘Sê maar ek gaan dood. Ek glo Jesus gaan my gesond maak,’ sê sesjarige

Vreesaanjaende oomblik toe seun uit tuimeltrein gly en desperaat aan pa vasklou