Die plaaslike Sherrif, Lt. Brandon Pursell, het gesê die huiseienaar het desperate gille gehoor kort na hy 'n kaggelvuurtjie aangesteek het. Hy het dadelik die polisie ontbied.

Die huis het gou met rook gevul en die huiseienaar het verpoos probeer om die vuur te blus.

Brandweermanne het saam met die polisie opgedaag. Daar kon nog gehoor word hoe die inbreker asemhaal en binne die skoortsteen beweeg. Die brandbestryders het begin om die skoorsteen oop te breek, maar was te laat. Toe hulle uiteindelik die man bevry, was hy reeds dood.

Die vermeende inbreker se identiteit is nie onmiddellik bekend gemaak nie. 'n Voorlopige ondersoek na die voorval het bevind die inbreker het moontlik reeds die vorige aand deur die skoortsteen toegang tot die huis probeer kry en toe vasgesit.

Die huiseinaar was nie tuis nie. Toe die eienaar later die dag by die huis opdaag en 'n kaggelvuur wou aansteek, was hy glo nie bewus van die inbreker wat vassit in sy skoorsteen nie.

Die ondersoek na die saak duur voort.

Bronne: Daily Mail; NY Daily News; Sky News