Die verligting was groot toe klein Lucas Donderdagmiddag ongedeerd gevind is nadat hy ’n week tevore omstreeks negeuur die oggend vermis geraak het in Scottsdene, Kraaifontein.

’n Vrou (37) wat aan die familie bekend is, het Lucas volgens ’n polisieverklaring dié oggend by sy ouma kom haal om hom vir iemand in die straat te wys. Dit was die laaste sien van haar en die baba.

Die verdagte kom Maandagoggend in die Kuilsrivierse landdroshof voor op ’n aanklag van ontvoering.