Die 29-jarige prins en sy meisie van sowat 18 maande is vir die tweede keer in drie dae saam gesien toe hulle Engeland se oorwinning van 29-18 oor Wallis by die Twickenham-stadion gekyk het. Dit was net twee dae nadat hulle Vrydag by die bekendstelling van die We Day UK-liefdadigheidsgeleentheid by die Wembley-stadion gesien soen is.

Die paartjie, wat dit gewoonlik vermy om saam afgeneem te word, het nou gerugte laat opvlam dat hulle binnekort verloof gaan raak. Cressida – ’n 24-jarige voormalige dansstudent van die Leeds-universiteit – het Harry deur sy niggie prinses Eugenie ontmoet en het glo sekuriteitstoegang tot gekry Kensington-paleis in Londen, waar Harry woon.

Die prins se enigste ander ernstige verhouding – met Chelsy Davy – is in 2009 beëindig toe die blondine besluit het sy kan nie die druk hanteer wat gepaardgaan met lid van die koninklike familie wees nie, en Harry was sedertdien vasbeslote om sy verhoudings uit die kollig te hou.

Toe hy vantevore oor sy toekomstige vrou gepraat het, het hy gesê: “Ek soek nie noodwendig iemand om die rol te vervul nie, maar iemand wat bereid sou wees om dit aan te pak.”