Haar tongetjie skiet opgewonde uit terwyl sy luister hoe haar nooi, Bokkie Kern, oor haar epiese tog van 385 km van die Strand naby Kaapstad tot in George in die Suid-Kaap vertel.

Jelly Tot, ’n kruising tussen ’n dwergkeeshond en ’n yorkshireterriër, lyk soos ’n lewende tebbiebeertjie waar sy op die bank sit tussen haar beskermengele: Bokkie se buurvrou Reinette Vorster en Dorétha Wilson van Mosselbaai.

As dit nie vir hulle was nie, was die piepklein hondjie nie nou terug by haar huis in die Strand nie.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.