Met soveel soos 3 500 babas word jaarliks in Suid-Afrika verlaat word, kan niemand jou kwalik neem as jy voel jy lees elke dag in die media oor ’n verlate baba nie. Maar hoe maak jy ’n verskil en hoe gemaak as jy op ’n verlate baba afkom?

Skokkende statistieke

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Aannemings-koalisie het in Mei vanjaar ’n verslag uitgereik wat sê 4,5 miljoen van die 18,5 miljoen kinders in Suid-Afrika woon tans sonder hul ouers. Die verslag skat ook in 2010 is daar sowat 3 500 kinders in Suid-Afrika verlaat. Ongelukkig is daar nie syfers vir die daaropvolgende jare nie, want daar is tans nie ’n organisasie wat hierdie sake opteken nie.

Die Johannesburgse organisasie sonder winsbejag Door of Hope neem verlate kinders in en sê elke dag word daar sowat drie babas in die groter Johannesburg-gebied verlaat.

Hoe jy so ’n geval aanmeld

Die Door of Hope-verteenwoordiger Marcelle Coertze sê die beste ding is om altyd eerste die polisie te ontbied. ’n Polisiekantoor is die eerste plek dat die ouers van ’n vermiste kind gaan besoek en die polisie het maatskaplike werkers wat vir die baba kan sorg, verduidelik sy.

“Al voel die baba se ma sy kan nie vir die baba sorg nie, moet sy hulle liefs na ’n polisiekantoor neem en daar los, pleks dat sy die hulle êrens anders los en hul lewe in gevaar stel.”

Maar Door of Hope en ander soortgelyke organisasies het ook ’n “gat in die muur” of “bababoks” met bewegingsensors wat personeel in kennis stel dat ’n baba daar gelos is. “Dit is belangrik dat mense die woord versprei oor sulke organisasies,” sê Marcelle.

Hoe kan jy ’n verskil maak?

Baie mense voel magteloos wanneer hulle oor verlate babas lees of hoor, maar die waarheid is ons kan almal ’n verskil maak. Jy kan jou tyd, vaardigheid of geld aan sentrums bied wat verlate kinders in jou gebied help. Baie organisasies laat jou ook die kinders onder toesig besoek en tydens die keuringsproses hand bysit.

Besoek jou provinsie se webtuiste vir ’n lys organisasies sonder winsbejag wat kinders in jou gebied help. Probeer ook enige van die onderstaande vir nog inligting:

  • Charitysa.co.za
  • Joburg.org.za
  • Rainbownation.com
  • Doorofhope.co.za
  • Shepardskeep.org.za
  • Doxadeo.co.za
  • Bel Fikelela Children’s Centre in Khayelitsha by 021-367-0089
  • Bel House Heneka in Tshwane by 012-991-3883

-Londiwe Dlomo

Bronne: westerncape.gov.za, charitysa.co.za, rainbownation.com, joburg.org.za, doorofhope.co.za, adoptioncoalitionsa.org

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.