’n Verlate pasgebore baba is in Butterworth in die Oos-Kaap gevind,  het die polisie Sondag gesê.

Die baba is die aand omstreeks agtuur op Merriman-straat gevind, het kapt. Jackson Manatha gesê.

“Die Butterworth-polisie ondersoek ’n saak van kinderverlating nadat ’n verbyganger ’n baba ontdek het wat in hospitaaldoeke toegedraai was,” het hy gesê.

“Die baba is intussen na die Butterworth-hospitaal geneem; die ondersoek duur voort.”

Wat jy kan doen:

-       As jy ’n verlate kind vind, moet jy probeer vasstel of daar ’n ouer of versorger in die omgewing is.

-       As jy doodseker is die kind is met opset daar gelos, kan jy een van die volgende organisasies nader: