Hoewel die tiener nog nie aangewys is nie, berig huffingtonpost.com dit gaan ’n Brasiliaan wees.

Die pak word deur ’n span Amerikaanse, Duitse, Switserse en Brasiliaanse navorsers ontwerp, wat saam bekend staan as die projek Walk Again; hulle hoop hulle sal rolstoele so iets van die verlede kan maak.

Kyk hier na hoe die pak werk:

Volgens businessinsider.com word die pak om ’n verlamde persoon se onderlyf gespan en word dit deur ’n spesiale kopstuk beheer.

Die Sokkerwêreldbekertoenooi begin op 12 Junie, wanneer Brasilië en Kroasië in die eerste wedstryd kragte meet.

Suid-Afrika het nie vir die toernooi gekwalifiseer nie.

– Christiaan Boonzaier