JG Strydom, die Lindense skoolseun wat vroeg in Januarie verlam gelaat is na ’n duikongeluk, is tuis.

[caption id="attachment_125663" align="alignnone" width="600"]JG JG Strydom kan vier maande ná sy duikongeluk eindelik huis toe gaan. Foto: Facebook[/caption]

JG (18) is verlede Vrydag ontslaan ná vier maande se rehabilitasie by Life Riverfield Lodge, waar pasiënte geleer word om hul lewensgehalte te optimaliseer. JG het fisio- en arbeidsterapie daar ontvang. Sondag het hy en sy broer, Bekker (20), aan ’n padwedloop deelgeneem. Bekker het sy broer 11 km ver in ’n gewone rolstoel gestoot. “Die twee het in net meer as ’n uur klaargemaak en almal verstom,” sê Anita Snyman, familiewoordvoerder.

JG se rugstring is op Maandag 4 Januarie in ’n ongeluk beskadig toe hy by Mosselbaai in die water geduik en sy nek beseer het.

[caption id="attachment_125665" align="alignnone" width="600"]JG JG re rugstring is in 'n duikongeluk beskadig. Foto: Facebook[/caption]

JG word medies geklassifiseer as ’n C5-kwadrupleeg, wat beteken hy het van sy skouers ondertoe geen gevoel nie. Voor die ongeluk het JG as buitesenter vir die Hoërskool Linden se eerste rugbyspan uitgedraf.

Lees ook: ‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Anita sê die gesin se huis in Northcliff is reeds ingerig vir JG. Opritte waarmee hy van buite na binne met sy rolstoel kan opry, is reeds aangebring en daar is ’n hystoestel bokant sy bed. Die stort is ook aangepas en groter deure aangebring.

[caption id="attachment_125666" align="alignnone" width="600"]JG Voor JG onslaan is, moes sy gesin opleiding ontvang om met hom te kan werk. Foto: Facebook[/caption]

Anita sê voor JG ontslaan is, moes sy gesin opleiding ontvang om met hom te kan werk.

“JG is ongelooflik braaf. Hy pak elke dag aan om die beste te kan wees. Hy ontvang reeds gereelde rehabilitasie by arbeids- en fisioterapeute. Hy is ’n ongelooflike kind, ongeag wat na sy kant kom. Hy bly net absoluut ’n inspirasie,” sê sy.

Volgens Anita het JG reeds verstommende vordering gemaak. Hy bestuur sy elektroniese rolstoel met sy ken. Hy het ook leer tik met ’n instrument waarvoor hy sy mond gebruik. “Hy kan sy linkerhand reeds effens oplig, maar dit is nie funksioneel nie,” sê Anita. Maar JG hoop om dit met oefening te vermag.

[caption id="attachment_125664" align="alignnone" width="600"]JG JG word geklassifiseer as 'n C5-kwadrupleeg, maar steeds het hy leer tik met 'n instrument waarvoor hy sy mond gebruik. Foto: Facebook[/caption]

Lees ook: Hulle’t gesê ek sal nooit weer kan hardloop nie – toe doen ek die Ysterman!

Hoewel reëlings nog nie gefinaliseer is nie, sien JG daarna uit om sy skoolloopbaan te voltooi, sê Anita. “Daar word nou gekyk na die beste manier om dit te doen.” Ondersoek word ook ingestel na ’n voertuig waarmee hy maklik vervoer sal kan word.

Om uitgawes te help dek, word ’n geldinsamelingsgholfdag op 26 Augustus by Parkview-gholfklub gehou. Anita sê die eerste jaar se uitgawes sal ver bo R1 miljoen beloop. Dit bly ’n groot finansiële uitdaging.

Ander stories op Huisgenoot.com

Vlieënier sterf en passasier oorleef in derde vliegongeluk in twee dae

Wellington treur ná skokdood van geliefde inwoner Winnie Rust

‘Dapper’ sewejarige kap kop oop nadat hy uit bewegende trein gesuig word

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag