“Jy weet waarskynlik nie eens ons is nie geskei nie,” begin die vrou. “Tot ek sy profiele op afspraakwebtuistes vind en terugvlieg om my huwelik te red, het ek nie eens geweet daar is ’n probleem nie.

“Jy sal nie in my huis bly nie; ons sal dit verkoop.”

Sy vertel dan in besonderhede die minnares of minnaresse (“Ek weet nie hoeveel van ‘julle’ daar is nie”) het klere in hul huis gelos en sy het dit weggegooi.

“Jy het ook ’n bra gelos. Jy is ’n grootte 36B. Ek is ’n 34C. Die bra het gestink.” Die verkulde vrou vertel toe sy haar “katoolse” man konfronteer, het hy gesê hy wil skei en begin slagoffer speel en “sê toe dis ’n groot misverstand en ek is baasspelerig”. Sy waarsku die bates wat sy met haar man gedeel het, sal hare wees ná die egskeiding.

“En jy, my skat, lyk vir hom soos sy reddingsboot"

“So jy wil in my mooi huis bly; ons sal dit verkoop. En hy het dalk nie al my studieskuld genoem nie. Ons sal dit ook deel. Raai dus wat jy het?”

Sy voeg by haar 56-jarige “kontrakteur-soort” man sal ná die egskeiding na ’n “woonstelletjie” moet afskaal.

“Hy maak jou die hof as die volgende mevrou met die wete dat ons egskeiding hom diep in die geldknyp sal laat,” waarsku sy. “En jy, my skat, lyk vir hom soos sy reddingsboot. Klim uit terwyl jy kan.

“Hy sal jou opgebruik. Hy is ’n selfsugtige minnaar, hy is ’n koopslaaf en hy sal waarskynlik na die bottel gryp.

“Sy finansiële besluite sal jou tot bankrotskap dryf. (Hy het dit al twee keer gedoen.) Sy familie sal jou haat (hulle is vreemd, jy sal sien) en hy het ’n geneigdheid om ongelooflik dom goed te doen.”

As sy ontrouheid enige aanduiding daarvan is, is dit duidelik die geval.

Bronne: nypost.com, mirror.co.uk

FOTO: Pixabay