“Die slagoffer, ’n 28-jarige vrou, is in ’n geïsoleerde area gevange gehou en verkrag,” het lt.kol. Andre Traut gesê.

“Omstreeks 21:00 laasnag (Woensdagaand) het sy daarin geslaag om te ontsnap.”

Lees ook: Nóg klagtes kom moontlik teen Tokai-moordverdagtes

Die verdagte het gevlug en kon nog nie in hegtenis geneem word nie.

Volgens André is dit te vroeg om die voorval met soortgelyke voorvalle vroeër vanjaar in dieselfde omgewing te verbind.

Volgens Elijah Moholola woordvoerder van die universiteit het dat die vrou langs ’n fietspad naby die brug van Princess Anne-rylaan gedraf het toe sy aangeval is.

Lees ook: Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

“Die aanvaller het haar met ’n mes gedreig, haar ernstig aangerand en in die bosse ingedwing in die rigting van die Rhodes Memorial-omgewing,” sê Elijah.

“Die man het haar vir ure gevange gehou en verkrag. Hy het haar later gedwing om na ’n motorhuis toe te stap en sy het daarin geslaag om van haar aanvaller te vlug.”

Sy is in die hospitaal opgeneem.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue