Die media het hom die Modimolle-monster gedoop nadat hy glo betrokke was by die gru-aanval op sy vervreemde vrou.

Johan Kotzé is dalk onlangs vasgetrek en agter tralies, maar vir Ina Bonnette is die nagmerrie nog lank nie verby nie.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot se Herman Scholtz vertel Ina vanuit haar hospitaalbed van die wrede aanval op haar en die moord van haar seun.

Ina herleef die gebeure van daardie donker dag en praat oor die chirurgie wat sy nou moet ondergaan om haar liggaamlike wonde te probeer genees.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot. 

Volg Huisgenoot op Twitter.