Ná nog ’n opwindende dag in die Stellenbosse landdroshof het die regter Vrydagmiddag die saak teen Jason Rohde, wat daarvan verdink word dat hy sy vrou, Susan, vermoor het, tot Dinsdag uitgestel.

Jason sal die naweek nog agter tralies deurbring tot sy volgende hofverskyning volgende week. Tydens Vrydag se verrigtinge het Jason se regspan gevra die staat moet hul nadoodse ondersoek beskikbaar stel.

Op hul beurt het die staat weer vir uitstel gevra sodat die saak verder ondersoek kon word. Hierop het die verdediging gevra: "Waarom het hulle nie vroeër begin (met hul ondersoek) nie?"

In die ondersoekbeampte se onthullende verklaring, wat pas aan die lig gekom het, word genoem die staatspatoloog het tekens van versmoring aan Susan se liggaam gevind en dat Jason intussen voorlopig geskors is as die hoof van Sotheby's in Suid-Afrika.

Lees die volledige verklaring van die ondersoekbeampte hier:

[post-slider]