Die 2016 munisipale verkiesing het Saterdagaand amptelik geëindig. Nou word daar gegons oor die feit dat die ANC in talle metro's minder as 50% van die steun gewen het.

Dit laat natuurlik die moontlikheid dat die DA koalisies gaan vorm met ander partye om só ’n meerderheid te bereik en die ANC is sleutelmetro's te ontsetel.

Nasionaal het die ANC 53,91% van die stemme gewen teenoor die DA se 26,90%. Die kleiner partye het die oorblywende stemme gewen.

Hier is die OVK se amptelike resultate vir Suid-Afrika se grootste metro's:

Buffalostad (ANC meerderheid)

ANC - 58,74% - 60 setels

DA - 23,4% - 24 setels

EFF - 7,97% - 8 setels

AIC - 3.42% - 4 setels

PAC, UDM, COPE, ACDP - Minder as 1% - 1 setel elk

Stad Kaapstad (DA meerderheid)

DA - 66,61% - 154 setels

ANC - 24,36% - 57 setels

EFF - 3.17% - 7 setels

ACDP - 1.21% - 3 setels

Aljama - 0,66% - 2 setels

AIC, VF Plus, DI, UDM, CMC, PAC, COPE, PA - Minder as 1% - 1 setel elk

Stad Johannesburg (verdeelde raad)

ANC - 44,55% - 121 setels

DA - 38,37% - 104 setels

EFF - 11.09% - 30 setels

IVP - 1,72% - 5 setels

AIC - 1,5% - 4 setels

VF Plus, ACDP, Aljama, UDM, Cope, PA - Minder as 1% - 1 setel elk

Stad Tshwane (verdeelde raad)

DA - 43,11% - 93 setels

ANC - 41,22% - 89 setels

EFF - 11,7% - 25 setels

VF Plus - 1,99% - 4 setels

ACDP, Cope, PAC - Minder as 1% - 1 setel elk

Ekurhuleni (verdeelde raad)

ANC - 48,64% - 109 setels

DA - 34,15% - 77 setels

EFF - 11,23% - 25 setels

AIC - 1.64% - 4 setels

IVP - 1.02% - 2 setels

VF Plus, ACDP, PAC, PA, Cope, Hoekom IRASA - Minder as 1% - 1 setel elk

eThekwini (ANC meerderheid)

ANC - 56,01% - 126 setels

DA - 26,92% - 61 setels

IVP - 4,2% - 10 setels

EFF - 3,44% - 8 setels

AIC - 1.37% - 3 setels

ACDP, MF, DLC, TA, MOSA, APC, Aljama - Minder as 1% - 1 setel elk

Mangaung (ANC meerderheid)

ANC - 56,52% - 58 setels

DA - 25,96% - 27 setels

EFF - 8,66% - 9 setels

VF Plus - 1.92% - 2 setels

AIC - 1.69% - 2 setels

ANA, Cope - Minder as 1% - 1 setel elk

Nelson Mandelabaai-metro (verdeelde raad)

DA - 46,71% - 57 setels

ANC - 40,92% - 50 setels

EFF - 5.12% - 6 setels

UDM - 1.91% - 2 setels

AIC, UFEC, Cope, ACPD, PA - Minder as 1% - 1 setel elk