Tien goed wat jy moet weet voor die naweek begin:

1. Die ANC se steun het dramaties geval en dit maak nie saak hoe hy dit spin nie, kiesers het hom gestraf vir die manier waarop hy sy ondersteuners behandel.

2. Die vernaamste rede vir die ANC se verlies is ongetwyfeld pres. Jacob Zuma. Hy is nou ‘n sigbare en bewysbare las op die regerende party. Word messe skerpgemaak?

3. Die ANC se verliese is die storie van die verkiesing, maar die DA se groei is nie ver agter nie. Die DA is nou die grootste party in Port Elizabeth.

4. Die moontlike verlies van die hoofstad (Pretoria) en die land se ekonomiese enjin (Johannesburg) gaan enorme gevolge vir die ANC, Zuma, sy teenstanders en die Gautengse ANC hê. Tientalle koppe gaan rol.

5. Mmusi Maimane staan kop en skouers uit as die belangrikste opposisieleier in die land. Hy het Zuma met sy nou-bekende “gebroke man”-toespraak in 2015 aangevat en is besig om die tweestryd te wen.

6. Julius Malema se EFF sal sy taktiek moet hersien. Kiesers was gemauseerd toe hulle die parlement ontwrig het, maar nie almal koop praatjies van populisme en anargie nie.

7. Suid-Afrika betree nou die era van koalisiepolitiek. Die land se vernaamste metrorade – behalwe Kaapstad (DA) en Durban (ANC) – gaan deur brose spanopgings gerig word.

8. Die DA het daarin geslaag om sy kiesers in die voorstede so ver te kry om in hul miljoene te gaan stem. Tradisionele ANC-kiesers in landelike gebiede het besluit om weg te bly en hul party te straf.

9. Die verkiesing was ‘n oorwinning vir demokrasie: die ANC en EFF het hul slegter-as-verwag-vertonings met grasie aanvaar en hul ondersteuners gevra om “die wil van die mense” te aanvaar.

10. Suid-Afrikaners is oorwegend vredeliewende, nugtere en middelgrondsoekende mense. Ons wil in vrede met ons bure leef en munisipaliteite hê wat werk – maak nie saak wie dit is nie!

Lees ook: Verkiesing 2016: Kyk bietjie na die diepte van die ANC se verliese