In ’n verklaring meen die polisie dit was die “enigste veilige opsie” om te keer dat die hond die verkeer verder ontwrig.

Die petalje het begin nadat die polisie Maandag ’n middernagtelike oproep ontvang het van ’n rondloperhond wat amok maak naby die Conwy-tonnel op die A55-hoofweg.

Lees ook: Twee mans ernstig beseer ná volstruis, perd hul in Vrystaat aanval

Twee verkeerspolisiemanne is uitgestuur, maar hulle kon nie daarin slaag om die hond te vang nie. Een polisieman is glo ook deur die hond gebyt.

“Die kans was groot dat ’n ernstige motorongeluk kon plaasvind,” het hoofondersoekbeampte Darren Wareing gesê. “Onder die omstandighede was daar geen ander manier waarop die offisiere die hond onder beheer kon bring en die gevaar vir motoriste kon minimaliseer nie.”

Darren hou vol die enigste veilige opsie was om die hond teen ’n “genoegsame spoed” raak te ry om te verseker die hond is “verwoes” en sal nie ly nie. Lees ook: Eina! Rokers, drinkers trek swaar onder Jan Taks Ander metodes om die hond van kant te maak is laat vaar omdat dit ’n gevaar vir motoriste kon inhou. Die polisiemanne het toe voortgegaan om die hond dood te ry. “Albei offisiere het honde; hulle het nie die besluit ligtelik geneem nie,” sê Darren. Tog word dié voorval wyd in sosiale media veroordeel. Party het gevoel die polisie kon bloot die pad gesluit het en die hond gevang het eerder as om dit te “vermoor”.

Bronne: Buzzfeed, Metro

Ander stories op Huisgenoot.com:

Is Daniel Craig klaar met Bond?

Dapper kankerlyertjie skitter op New Yorkse modeplank

Het jy sonde met die bure? Hier’s raad

Afrikaanse sangeres sterk aan ná groot knieoperasie

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai