Naby die R102 in Macassar het protesaksie oorgespoel tot op die snelweg. Betogers het brandende bande ingespan om die pad te blokkeer. Intussen belemmer die rook voortspruitend uit die protesaksie, sig vir motoriste.

Alle opritte na Mew-weg is ook gesluit. Die protesaksie, wat sederd 05:30 Maandag begin het, spruit glo voort uit gebrekkige dienslewering in die gebied.

Die roete via Eersterivier word aangeraai vir motoriste op pad na Kaapstad.


’n Motorongeluk waarby verskeie voertuie op die uitgaande roete by die R300 naby Mew-weg betrokke was, het tot ernstige verkeersvertraging bygedra.