Mamadou Barry se lyk is laat gister in sy voertuig in ’n stil buurt in New York gevind.

The Mirror berig een van die kaartjies is binne in sy motor en die ander op die voorruit gevind. Hy is beboet omdat hy aan die verkeerde kant van die pad geparkeer was met sy motor wat in die verkeerde rigting wys.

Plaaslike inwoners sê ’n inspekteur het selfs boetes aan voertuie voor en agter Mamadou se motor uitgereik. Sy woonstelmaat het hom Maandag laas gesien en aan die polisie gesê Mamadou was op pad hospitaal toe omdat hy nie lekker gevoel het nie.

Hy is aan natuurlike oorsake oorlede. Die polisie ondersoek nou hoekom die inspekteurs nie die 47-jarige man opgemerk het nie en of hulle dalk gedink het hy leef nog.

Bronne: News.com.au, mirror.co.uk