Op ’n doodgewone dag in 1970 het ’n man vir ’n skamele 25c ’n verjaardagkaartjie vir ’n familielid gekoop.

Die boodskap daarin het gelui: “Bêre hierdie kaart. Jy kan dit op my verjaardag vir my stuur.” En dis presies wat die twee familielede gedoen het – vir die volgende 47 jaar. Die Reddit-gebruiker LincolnsLostSpeech het onlangs ’n foto van die kaartjie op sosiale media gelaai en verduidelik dit het aan haar verloofde se oom en ’n familielid van hom behoort. Die twee het die kaart meer as 94 keer tussen hulle gedeel. En nou het meer as 1,5 miljoen mense al na LincolnsLostSpeech se oorspronklike plasing gekyk. Dit was natuurlik nie die eerste keer dat mense dieselfde verjaardagkaartjie heen en weer stuur nie. Twee broers genaamd Jeff en Ron het langer as 40 jaar dieselfde verjaardagkaartjie uitgeruil nadat hulle in 1973 ’n Peanuts-kaartjie vir mekaar begin stuur het.

“Dit is die era van ekologie,” staan op die voorkant van die kaartjie. En aan die binnekant: “Moenie die kaartjie weggooi nie; stuur dit vir ’n vriend aan.”

Duidelik het die broers die raad ter harte geneem!