Normaalweg is ons net besorg oor ons rugbyspelers se prestasies op die veld, maar dit blyk ons moet ook begin aandag gee aan hul passies op die dansbaan! Die Stormers-speler Nizaam Carr het ’n paar weke gelede ’n prettige video op Instagram gelaai waar hy en van sy spanmaats dit uitkap op die maat van Michael Jackson se Thriller.

Nizaam skryf by die video hy dink dis beter as hy en die manne by rugby bly, maar ons dink die manne het nogal ritme!