Die 18-jarige meisie van die “gruwelhuis” in Springs is seksueel misbruik, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.

Die geregistreerde verpleegster Christina Rollin, wat in sake van verkragting en verwaarlosing spesialiseer, het getuig haar bevindings tydens die ondersoek van die meisie strook daarmee dat sy seksueel misbruik is.

Die regter Eben Jordaan het gevra dat die media nie die besonderhede van die misbruik publiseer nie weens die sensitiewe aard daarvan.

Christina het getuig in die verhoor van die egpaar wat daarvan beskuldig word dat hulle hul vyf kinders jare lank in hul huis aan die Oos-Rand mishandel en verwaarloos het. Die twee (albei 36) staan op altesaam 42 klagte tereg.

Die saak het in Mei 2014 aan die lig gekom toe een van hul kinders, ’n 13-jarige seun, na van die bure gehardloop het om om hulp te smeek.

Die 18-jarige het letsels aan haar regter-boarm gehad en verskeie beserings aan haar regterheup en -been.

Lees ook: Skokvonds in vrieskas laat vrou yskoud!

Twee van die jonger dogters het geen beserings gehad nie. Maar hul tande was tot by hul tandvleislyn verrot. Christina het getuig dit sou vir hulle baie pynlik gewees het.

“Ek het geen kliniese bewyse van aanranding gevind nie,” het Christina gesê. Dit beteken nie noodwendig hulle is nie ook aangerand nie, want party beserings kan binne ’n dag of twee genees.

Die ander jonger dogter het ook geen sigbare beserings gehad nie. Sy het egter tekens van ontwatering getoon.

Met potspelstok in gesig geslaan

Christina het gesê die twee oudste kinders se tande het gelyk of dit in ’n goeie toestand is.

In reaksie op die ma se verklaring dat sy die kinders met Coca-Cola gebottelvoed het, het Christina gesê dit het dalk die tandbederf veroorsaak, want kinders slaap soms met ’n bottel in hul mond.

Die jongste kind, ’n seun wat ten tye van die ondersoek twee was, het beserings gehad wat ’n litteken ingesluit het. Christina het gesê sy kon nie die oorsaak van die beserings bepaal nie.

Lees ook: Huis van gruwels: ‘Ons wens almal dit wil nou net verby kom’

“Ek het die ma gevra of die kinders na ’n tandarts geneem is, waarop sy geantwoord het hulle is nie,” het Christina gesê. Hulle is ook nie ingeënt nie.

Die aanklaer Jennifer Cronje het gesê die kinders het getuig hul dieet het hoofsaaklik uit brood, “slaptjips” en maalvleis met brood bestaan, meestal maaltye met ’n grondslag van koolhidrate.

Tydens kruisondervraging het sy gesê nie een van die kinders het gewigprobleme gehad nie, wat daarop dui hulle het genoeg kos gekry.

“Oor die lange duur sal dit die kinders met ’n bietjie van ’n tekort laat,” het Christina gesê.

Die ma se prokureur het Chrisina gevra of die vrou se beserings ooreenstem met haar verklaring dat sy so hard met ’n potspelstok deur die gesig geslaan is dat dit gebreek het. Christina het ja gesê.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Kit Harington skeer sy Jon Snow-baard af – en die internet ontplof!

Elvis Blue slaan asem weg in splinternuwe musiekvideo

Skokaankondiging vir SA Uber-gebruikers

Papegaai sien glo eienaar se moord, herhaal nou sy laaste woorde oor en oor

Skrywer van die inspirerende Vir die Siel-reeks, Susan Coetzer, gee raad vir dié week

Suid-Afrikaners deel hul gunsteling-Afrikaanse woord