[caption id="attachment_119603" align="alignnone" width="600"]Franziska Blochliger (Foto: Verskaf) Franziska Blochliger (Foto: Verskaf)[/caption]

Die hof het gehoor die ondersoek na die moord in die Tokai-woud is afgehandel en dat die direkteur van openbare vervolging die saak na die Wes-Kaapse hooggeregshof verwys het.

Prokureurs vir die beskuldigdes het egter beswaar gemaak omdat hulle nie Donderdag die dossier gesien het nie.

Lees ook: DNS-getuienis verbind verdagte met die moord op Franziska Blöchliger in Tokai-bos

“Die dossier is blykbaar by die hooggeregshof. In ’n gewone saak waar die dossier nie voor die hof gebring word nie, het die verdediging die reg om te vra dat die saak van die rol geskrap word,” het die prokureur Monique Carstens gesê.

Sy sê hulle is al vier maande lank “in die duister” omdat hulle nie weet wat in die staat se saak aangaan nie.

Lees ook: Ouers van Tokai-slagoffer Franziska Blöchliger verlaat SA ‘vir innerlike vrede’

Die verdediging het bevraagteken hoe hulle onder hierdie omstandighede vir die voorverhoorkonferensie in die hooggeregshof moet voorberei. Die saak is uitgestel tot 15 Augustus sodat die verdediging ’n afskrif van die dossier kan kry.

Beskuldigde se DNS by misdaadtoneel gevind

Jerome Moses en Daniel Easter, wat op borgtog van onderskeidelik R2 000 en R1 000 uit is, het in die beskuldigebank ontspanne gelyk. Die ander twee beskuldigdes, Howard Oliver – wie se DNS op die toneel gevind is – en Jonathan Jonas, is van die polisieselle hof toe gebring omdat hulle nie om borgtog aansoek gedoen het nie. Die staat het aangedui dat die klagstaat vir die hooggeregshof opgestel word.

Die tiener is op 7 Maart dood in Tokai-woud aangetref. Sy is verwurg en verkrag. Haar iPhone, horlosie, oorfone en diamantring is gevat.

Lees ook: Nóg klagte kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Franziska het gereël om haar ma later te ontmoet nadat sy in die gewilde uitspanplek op haar eie gaan draf het.

Die gesin het bekommerd begin raak toe sy nie by die afgespreekte plek opdaag nie. In ’n nadoodse ondersoek is bevind Franziska verwurg en het versmoor. Sand is in haar keel afgedruk en sy is vaginaal en anaal verkrag.

Die beskuldigdes is glo danksy ooggetuies met die misdaad verbind. Hulle was glo ook in besit van haar besittings.

Bron: News24