As hy tog net sy sitplekgordel aangehad het, sou sake seker anders afgeloop het. Want sitplekgordels is kragtens wet verpligtend, selfs al is jy net ’n passasier.

Van daar het sake vir hom net ál hoe slegter verloop . . .

Die voertuig het behoort aan iemand vir wie ’n lasbrief uitgereik was. Maar toe Mike Vai, wat verbonde is aan Dakota se polisie, sien die passasier het nie sy sitplekgordel aan nie, het hulle sy besonderhede ook nagegaan.

En daar sit ta se turf toe behoorlik! Daar was reeds ’n lasbrief vir hom wat verband hou met die wet op beheerde middels (controlled substances).

Die snaaksste van alles was egter toe die verdagte deursoek is vir versteekte wapens.

Sy wapen? Een van die bordspel Monopoly se bekendse kaarte: “Kom gratis uit die tronk.” Daarop staan ook 'n mens kan die kaart hou tot jy dit nodig het of wil ruil.

Dit het ongelukkig niks gehelp nie. Al wat die verdagte verniet gekry het, was 'n rit na die gevangenis. Sy borgtog is op R65 000 vasgestel. In klipharde kontant.

Die sheriff se kantoor het aangedui hulle het nie die verdagte se kaart as bewysstuk ingevorder nie.

Bronne: dps.sd.gov, kare11.com, foxnews.com