Vier lede van Scotland Yard is tans in die Algarve-streek in Portugal waar hulle met Portugese polisie beraadslaag oor die moontlike inhegtenisnemings.

Die driejarige het in 2007 uit ’n vakansiewoonstel in Praia da Luz verdwyn terwyl haar ouers in ’n nabygeleë restaurant aandete geniet het.

Die Portugese polisie het hul ondersoek in 2008 gestaak, maar die Britse polisie het dit die afgelope twee jaar hersien op versoek van die Britse regering, en hul eie ondersoek in Julie verlede jaar begin.

Haar ouers, Gerry en Kate McCann, het die afgelope ses jaar hul eie veldtog gevoer om Madeleine te vind, aangesien hulle glo sy is ontvoer en lewe nog.

Die verdagtes is uitgeken nadat selfoonrekords gewys het die mans het mekaar aanhoudend gebel in die tyd dat Madeleine vermis geraak het.

Die ouers is glo baie gespanne oor die nuwe verwikkeling.