Het jy al lekker vroeg by die lughawe aangekom, net om te hoor jy vlieg nou eers ure later, want jou vlug is gekanselleer?

Of jy kom met ’n skok agter jy het outomaties vir nog ’n jaar lid van die gim geword, al het niemand jou gevra of jy wil nie?

Ons is die klante, ons moet mos koning wees! Maar soms voel ons meer soos die slagoffers, misken en misbruik deur ’n gulsige sakewêreld wat jou eenvoudig stoomroller in ’n meedoënlose gejaag na nog meer geld.

Gelukkig is daar lig aan die einde van die tonnel, want Suid-Afrika kry binnekort ’n splinternuwe Wet op Verbruikersbeskerming wat baie twyfelagtige dienspraktyke onwettig sal maak.

En wanneer dit in Oktober van krag word, sal oortreders wat steeds kanse met verbruiker wil waag, hul rieme lelik styfloop.

Lees ALLES oor die nuwe verbruikerswet in die uitgawe van 8 April. En deel jou mening daaroor in die kommentaarveld hieronder.

Bespreek vir Skouspel!