Parent’s Jury, ’n aanlyn organisasie vir Australiese ouers, wil hê die helfte van alle betaalpunte moet geen lekkergoed en koeldrank uitstal nie. Op dié manier kan ouers wat hul kinders saam supermark toe bring betaalpunte vermy waar lekkergoed op kinders se ooghoogte uitgestal word.

Elders in die wêreld dring ouers ook hierop aan. ’n Ierse organisasie, Safefood Ireland, het ’n soortgelyke versoek aan Ierse supermarkte gerig. Hulle voer ook aan die ongesonde lekkergoed by betaalpunte dra by tot kinders wat oorgewig is.

Dink julle dit sal in Suid-Afrika kan werk?

Bronne: news.com.au, thejournal.ie, conversation.which.co.uk, theparentsjury.org.au

Lees ook: