Die meeste ma’s is dol daaroor wanneer hul kinders sê: “Lees asseblief dit vir my, Ma!” Dit is gewoonlik ’n aanduiding dat hulle ’n gunstelingboek ontdek het en dus ’n liefde vir lees ontwikkel het. Maar hoe kan jy jou kind daarmee help? Hier is die Nal’ibali-lees-vir-pret-veldtog  se topwenke.

  • Boeke kies: Laat jou kinders soms die boeke kies wat jy moet voorlees. Gesels ander tye oor die keuse van boek en stel ’n paar voor wat jy dink hul belangstelling sal prikkel.
  • Tydsberekening is alles: Deel stories wanneer jou kinders in ’n rustige luim is, soos net ná badtyd of net voor hulle gaan slaap. Jonger kinders gaan sukkel om lang tye te konsentreer; moet dus nie te lank lees nie. Onthou, jy wil hul liefde vir lees en stories aanwakker; dit moenie soos werk voel nie.
  •  Kyk ook na die omslag: Lees elke keer dat jy lees die titel van die boek en die naam van die skrywer en illustreerder. Dit help hulle besef mense net soos hulle skryf en illustreer stories.
  • Vra vrae: Vra ná die tyd vrae soos: “Wat dink jy gaan volgende gebeur?” Dit help kinders met hul voorspellingsvaardighede, wat noodsaaklik is om ’n suksesvolle en onafhanklike leser te wees.
  • Lees dit weer! Doen dit maar as jou kinders jou vra om ’n storie weer te lees. Dit laat hulle toe om elke keer iets nuuts in die storie te ontdek.
  • Saam lees is ook vir ouer kinders. Jy kan steeds vir jou kinders voorlees, al kan hulle self lees. Kies boeke wat moeiliker en ingewikkelder as dié wat hulle self kan lees.

Hierdie wenke kom met die komplimente van die Nal’ibali-lees-vir-Pret-veldtog. Dit mik om kinders se potensiaal deur lees en stories vertel aan te wakker. Besoek http://nalibali.org/of vind hulle op Facebook  of Twitter  vir nog inligting, leeswenke en storie-idees wat jy met jou kinders of leesklub kan deel.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.