Emily poseer langs die kaggel in haar oulike plooirompie, streepdas en blink nuwe skoolskoene op haar eerste skooldag, met ’n skaam glimlag op haar gesig.

Maar net ’n jaar later in haar gesinshuis se sitkamer in Norfolk, Engeland, lyk dit asof niks verander het nie – en tog het alles verander.

“Tyd vir ’n skoolfoto – iemand baie spesiaal is nie meer hier nie – my dogter, Emily,” het sy by die foto geskryf.

Lees ook: Hartverskeurende verhale: ‘Wat ek wens my onderwyser geweet het’

“Verbeel jou jou skoolfoto vanjaar is die laaste wat jy ooit sal neem en dat dit net ’n herinnering sal word.”

Emily is in Desember 2015 oorlede, enkele maande ná haar eerste skooldag, het die Fenland Citizen berig. Sy was net agt jaar oud.

Emily het drie jaar lank baklei teen ’n soort nierkanker genaamd Wilms se gewas.

Maar eindelik kon nie chemoterapie, bestraling, die oes en oorplanting van stamselle, kliniese toetse of selfs ’n operasie om haar nier te verwyder, nie die dodelike siekte keer nie.

Lees ook: Die hartverskeurende brief wat Steve Irwin voor sy dood aan sy ouers geskryf het

Julie het in haar Facebook-inskrywing, wat al talle kere gedeel is, gevra dat vriende hul profielfoto verander sodat die woorde “go gold” op ’n goue strikkie daarop verskyn om bewusmaking oor kanker by kinders op te skerp.

“Om mense bewus te maak van die simptome en ook dat kinderkanker nie seldsaam is nie, is die eerste uitdaging.

Eindelik sal die goue strikkie vir kinderkanker ewe bekend wees as die pienk strikkie vir borskanker, maar eers moet mense dit in die sosiale media deel.”