’n Man wat reeds 46 jaar gelede in sy huidige huis ingetrek het, was verstom toe hy die as van ’n vreemdeling gevind het. Dit was in sy agtertuin begrawe.

Bill Stephenson (70) het die oorblyfsels van ’n person wat in 2008 oorlede is, per ongeluk ontdek. Hy het egter geen idee hoe dit daar beland het of wie dit daar begrawe het nie.

Hy het gesê: "Hoekom sou iemand sy geliefde se oorblyfsels in die tuin van ’n vreemdeling begrawe? Hoekom dit nie net uitstrooi nie?

“Ons het ons almal doodgeskrik – maar niemand weet hoe en wanneer dit in die tuin begrawe is nie.”

"Ek ken die oorledene van geen kant af nie. Ons het na die transportaktes van al die huise in die straat gekyk, maar dit het ook niks opgelewer nie.”

Bronne: metro.co.uk, ITV.com