’n Passasier (78) in die ander voertuig het sedertdien beswyk aan die beserings wat hy in die ongeluk opgedoen het.

’n Verslag deur die polisie in Palm Beach Gardens het bevestig die man, Jerome Barson, is ná die botsing na ’n hospitaal geneem. Hy het twee weke later gesterf, berig die BBC.

Venus is nie amptelik aangekla van enige verkeersoortreding nie en haar prokureur hou vol dit was net ’n ongeluk.

Die botsing het plaasgevind nadat Venus na bewering versuim het om toe te gee by ’n kruising. Die ander motor het oor die groen verkeerslig gery toe Venus voor haar inry.  

Volgens CNN het Linda Barson (68), die bestuurder, aan die polisie gesê sy kon nie die botsing vermy nie.

Venus (37) sê egter sy het glad nie Linda se motor sien aankom nie.

Die tennisster beplan om steeds volgende week aan Wimbledon deel te neem en is volgens CNN een van die gunstelinge om te wen. Sy is tans 10de op die wêreldranglys.

Kyk hier na wat die publiek te sê het:

Bronne: BBC, CNN, CBS News