Dis die tyd van die jaar wanneer mense se wense waar word. Dunay van Heerden is een van hulle, want op dié diereliefhebber wag vandag ’n baie spesiale bederf: ’n ontmoeting met Kaptein Seeley, nou herdoop tot Kimberleigh, die hond wat ’n val van 160 m in Kimberley se Groot Gat oorleef het. Ons is in die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se kantoor in die stad waar die drama skaars ’n week gelede afgespeel het. Ao. John Seeley van die polisie se K9-soek-en-reddingseenheid kom aangestap met ’n uitbundige Kimberleigh, uit haar vel van vreugde om haar redder weer te sien. Dis ’n aandoenlike oomblik.

"Sy is ongelooflik lief vir hom”

Die hond wat wyd opslae gemaak het toe sy ná meer as ’n week in die Groot Gat gered is, is duidelik versot op die man by wie sy ’n nuwe tuiste het.

Dunay is skoon oorstelp. “Dis ongelooflik. Kyk net die band wat hulle het,” sê sy. “Hulle hoort bymekaar. Sy is ongelooflik lief vir hom.”

Lees Suzanne Venter se artikel in Huisgenoot 12 November 2013