[caption id="attachment_137867" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf. Foto verskaf.[/caption]

Thys en sy vrou, Mal, het op 2 September by hul huis in Honingklip buite Muldersdrift net gaan aansit om te eet, toe hulle twee skote reg by hulle hoor.

“Mal het opgespring en die ligte afgeskakel, terwyl ek in die gang afgehardloop het om my vuurwapen te gaan haal. Toe ek buite kom, was daar niemand, maar ons vermoed dit was net een mens,” sê Thys.

Terug in die huis het Mal na hom geroep. “Die hond bloei,” het sy gesê. Een van die skote wat hulle gehoor het, het hulle bruin-en-swart veghond getref.

[caption id="attachment_137865" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf. Foto verskaf.[/caption]

Dave het ’n WhatsApp-boodskap op ’n groep van die sekuriteitsmaatskappy Drift Reaction geplaas oor die voorval, waarna iemand solank die Ruimsig-dierekliniek gebel het, terwyl hy met Maya daarheen gejaag het.

“Dr. Dave Shipster het buite in die pad vir my gewag toe ek daar aankom,” sê Thys.

Maya is gestabiliseer. Die koeël is deur haar oor, langs haar sy by haar ruggraat in en by haar boud uit.

“Gelukkig is geen lewensbelangrike organe getref nie,” sê Thys. Die skok het Thys by die veearts getref en Shipster en sy vrou het hom huis toe gebring.

Dit gaan goed met Maya. Sy is terug by die huis en is “weer haar ou self.” Thys-hulle het nog ’n veghond, Tagus, en ’n Jack Russell, Coco.

[caption id="attachment_137866" align="aligncenter" width="600"]Foto verskaf. Foto verskaf.[/caption]

Die emosies oorweldig Thys egter steeds wanneer hy oor Maya praat.

“Ek sukkel nog daarmee,” sê hy tranerig terwyl hy vertel hoe hy vir Maya by die veearts gaan kuier het. “My honde is my kinders; hulle bly saam met ons in die huis.”

Thys sê die nuus het soos ’n veldbrand op Facebook versprei.

“Ek weet nie eens hoeveel die veearts se rekening was nie; teen Maandag het weldoeners dit alles betaal. Die mense wat ons hierdeur ontmoet het, en die vriende wat ons gemaak het, was absoluut ongelooflik,” sê Thys.