Gwyneth Paltrow het onlangs weer opslae gemaak toe Chris Martin, die pa van haar 10-jarige dogter, Apple, gesê het sy is al sedert geboorte ’n vegetariër. Is jy ontevrede daarmee dat jou kinders vleis eet? Dalk wonder jy hoe en wanneer jy hulle op ’n vegetariese dieet kan plaas. Ons praat met die dieetkundige Elise Barron oor hoe en wanneer jy dit kan doen.

Is dit veilig vir kinders om ’n vegetariese dieet te volg?

Dit is veilig, solank hul dieet gebalanseerd is. Dit beteken hulle met genoeg proteïen van hul groente kry. Proteïen is noodsaaklik vir ’n groeiende kind; dit help onder meer hormone ontwikkel en spiere bou.

Van watter ouderdom kan ’n kind ’n vegetariese dieet volg?

Kinders kan op enige ouderdom begin, solank hulle genoeg voedingstowwe van ’n gebalanseerde dieet kry.

Hoe kan jy jou kind se eetgewoontes aanpas as jy ’n probleem met vleis het, maar jy wil nie vegetarianisme op hulle afdwing nie?

Bied altyd ’n proteïen-plaasvervanger, dus lensies en boontjies of ander opsies soos vrugte en groente en grane en peulgewasse pleks van vleis en eiers. Maak ook seker die hele gesin volg die dieet om die oorgang makliker te maak.

Klik hier vir heerlike gesinsresepte insluitend lekker vegetariese opsies.

- Londiwe Dlomo