Die 77-jarige John Hurt, veral bekend vir sy rolle as John Merrick in The Elephant Man en stafmeester

John se loopbaan as akteur het vroeg in 1960 begin. Hy het groot lof ingeoes veral vir sy rolle in A Man For All Seasons en 10 Rillington Place.

Hy het onlangs sy laaste film The Good Night voltooi en was besig op die stel van Darkest Hour, waarin hy die rol van die Britse leier Neville Chamberlain vertolk, toe hy gesterf het.

John verskyn ook in die rol van ’n priester in die film Jackie met Natalie Portman.

John moes homself verlede jaar onttrek van Kenneth Branagh se toneelstuk The Entertainer toe hy noodgedwonge in die hospitaal opgeneem moes word vanweë ongesteldheid.

“Alhoewel ek aansienlik beter en op die pad na herstel is, het my dokters aanbeveel dat dit te gou is om lang en vermoeiende verhoogrolle te onderneem,” het die gewilde akteur destyds in ’n verklaring gesê.

“Dit is hoekom ek met groot hartseer en teleurstelling van The Entertainer moet onttrek.”

John is in Junie 2015 met kanker van die pankreas gediagnoseer. In Oktober dieselfde jaar het hy homself as op pad na herstel beskryf.

Meer oor John Hurt

Hy het in onder meer die volgende films verskyn: The Pied Piper, The Ghoul, Midnight Express, Night Crossing, The Hit, 1984, Scandal, The Field, Spaceballs, V For Vendetta, Indiana Jones en The Kingdom of the Crystal Skull asook Captain Corelli's Mandolin.

Sy stem was ook aangewend in die animasie-weergawe van Lord of the Rings, Plague Dogs en Watership Down.

John het ook die rol van Quentin Crisp in die televisiefliek The Naked Civil Servant en Caligula in die hoogs-aangeskrewe Britse televisiereeks I, Claudius vertolk.

Hy was twee keer vir ’n Oscar genomineer: The Elephant Man (1980) en Midnight Express (1978). In 2012 is hy vereer met ’n BAFTA-toekenning vir sy uitnemende bydrae tot film.

John het ook ’n BAFTA ontvang vir The Naked Civil Servant (1975), Midnight Express en The Elephant Man. © Cover Media

Twitter se reaksie